0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (4)
  • R100 - R250 (16)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 20 of 20 matches in All Departments

Dryf (Paperback): Cecilia Steyn Dryf (Paperback)
Cecilia Steyn
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mense glo daar’s ’n vloek oor Stormwater. Die see roep elke jaar sy slagoffers. Is dit waarom Caleb se pa se vliegtuig neergestort het?

Caleb moet sy matriekvakansie opoffer om om die geheim te ontrafel. Freya word ook gedwing om haar somer in die vreemde kusdorp deur te bring – asof vars lug 'n kitskuur sal wees vir haar kroniese siekte. Saam speel hulle speurder.

Maar wat as die waarheid 'n tsunami is wat wag om hulle te verswelg?

Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ’n hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke, belowe Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ’n meisie verlief te maak. Daar volg ’n reeks warrelwind afsprake en ’n weddenskap wat haar hele lewensuitkyk kan maak of breek. Delia het net nie in ag geneem dat die meisie wat uit sonskyn en reënboë aanmekaargesit is dalk die een kan wees wat haar hart gaan steel nie.

Die Dodelikste Donuts In Die Heelal (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Die Dodelikste Donuts In Die Heelal (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.

Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees.

Hierdie is só nie deel van haar plan nie.

#Presiesanders: Eksperimente En Eerste Soene (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn #Presiesanders: Eksperimente En Eerste Soene (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
bundle available
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) In Stock

Zoe en Zoya is n identiese tweeling. Maar dit is waar die ooreenkoms eindig. Terwyl Zoe gedurig haar neus in 'n boek het en posters van die periodieke tabel teen haar kamermuur plak, is Zoya meer behep met haar voorkoms en die nuutste ou waarop sy kamtig verlief is. Wanneer Zoe 'n klomp seuns as proefkonyne gebruik vir haar ekspo-taak, raak dinge gekompliseer. Zoe moet net beheer kry van haarself. En beslis en absoluut totaal en al nie staan en verlief raak op haar sussie se kerel nie!

Die Vinnigste Skoene In Die Hele Wêreld (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn, Johann Strauss Die Vinnigste Skoene In Die Hele Wêreld (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn, Johann Strauss
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk ’n paar superhero­tekkies aantrek en dan moet help om ’n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?

#PresiesAnders 2: Cupcakes en Kupido's (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn #PresiesAnders 2: Cupcakes en Kupido's (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Zoya presteer nie op skool soos haar identiese tweelingsussie Zoe nie. Maar wie gee tog om oor wiskunde en rekeningkunde? Dis veel beter om seker te maak sy lyk altyd fantasties op ’n selfie. Dis tog hoe sy Erwee du Rand se oog kan vang. Of is dit?

Wanneer Zoya gekies word as die hoof van die balkomitee, is sy in die wolke oor die kans om tyd saam met Erwee te spandeer. Buitendien, hoe moeilik kan dit nou wees om met ’n begroting te werk? Daar is wel ’n paar probleme: die jaloerse Beula, ’n geheimsinnige matchmaker en die feit dat haar pa skielik tienersleng praat en leer skateboard ry . . .

Tienerharte 4: Hartsnaar (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Tienerharte 4: Hartsnaar (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R215 R185 Discovery Miles 1 850 Save R30 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Sophia en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is. In hulle matriekjaar lewe Sophia vir haar ballet en Noah spandeer meeste van sy tyd met sy kitaar. Maar hoe gaan Noah vir haar vertel hy is verlief op haar, sonder om hulle vriendskap op te foeter? En wat weet 'n nerd nou van 'n meisie se voete onder haar uitslaan? Wanneer Sophia 'n geleentheid kry om in Londen te gaan dans, is dit dalk Noah laaste kans. Die vierde titel in hierdie gewilde romantiese reeks.

Tienerharte: 3: Hartedief (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Tienerharte: 3: Hartedief (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R215 R185 Discovery Miles 1 850 Save R30 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Lisa vlug van haar gewelddadige, dwelmverslaafde kerel en begin 'n nuwe semester by die Elizabeth Galloway skool vir modeontwerp in Stellenbosch. Daar ontmoet sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare blou oe. Maar Lisa kan net nie nou by iemand betrokke raak nie, want al waaraan sy kan dink is die geheim wat sy wegsteek . . .Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!

Tienerharte 2: Hartbreker: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Tienerharte 2: Hartbreker: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R215 R185 Discovery Miles 1 850 Save R30 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Stefan vry graag in die bondel. Maar Ciska, met haar krullerige rooi hare en sexy lyf, is die eerste meisie wat sy voete regtig onder hom uitslaan. Vir haar sal hy enigiets doen, selfs in 'n getroue verhouding wees vir altyd. Maar die irriterende rykmansdogter, Surette, is vasberade om haar kloue in Stefan te hou. Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!

Hartklop: Vol. 1 (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Hartklop: Vol. 1 (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R215 R185 Discovery Miles 1 850 Save R30 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Megan kuier by haar ma op Paternoster vir die Desembervakasie. Maar haar broer se beste vriend, Dewald, daag ook onverwags daar op. Dewald maak haar kniee al vir jare lam, maar haar oorbeskermende broer Stefan sal nooit toelaat dat daar iets tussen hulle gebeur nie. En wie se Dewald voel dieselfde oor haar? Dewald se jaloerse eks sorg ook vir heelwat drama. Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!

#PresiesAnders 3: Somerskool en Spoke (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn #PresiesAnders 3: Somerskool en Spoke (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna ’n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?

Sondag Steel jy my Hart (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Sondag Steel jy my Hart (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R220 R161 Discovery Miles 1 610 Save R59 (27%) Pre-order

Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar.

Karabo het immers twee beloftes wat soos die Sondag-blues oor haar kop hang. Haar belofte aan haar tannie: dat sy nie eensaam en sonder liefde sou sterf soos sy nie. En haar belofte aan haarself: dat sy “die een” sal kry voor haar haar internskap by die hospitaal volgende jaar verby is. En Will, met sy motorfiets en leerbaadjies, is te wild om vir ewig aan iemand vasgeketting te wees, veral nie iemand soos sy nie. Hy slaan dan in kolle uit as iemand net “langtermynverhouding” noem.

So hulle is net pelle. Regtig. En pelle mag nie vryers word nie – dis algemene kennis.

Behalwe vir die klein feitjie dat Will heeltemal Karabo se hart gesteel het ... en sy het nie ’n idee hoe om dit terug te kry voor haar selfopgelegde sperdatum nie.

n Hart is net atome (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn n Hart is net atome (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn; Illustrated by Danielle Albertyn
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days
Lea Lief Honde 2: Hik, Hik, Hoera! (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Lea Lief Honde 2: Hik, Hik, Hoera! (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hoera vir heldhaftige honde

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!

Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! En Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word ...

Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins.

Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.

Lea Lief Apies 3: Grypdiewe En Gevaar (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Lea Lief Apies 3: Grypdiewe En Gevaar (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn; Illustrated by Elanie Bieldt
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!

Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltemal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ’n kamer deel. Glad nie pret nie.

Dan begin alles skeefloop: iemand het ’n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het, begin die bos brand ...

Lea Lief 4: Muisvalle En Maanmelkskommels (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Lea Lief 4: Muisvalle En Maanmelkskommels (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn; Illustrated by Elanie Bieldt
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood?

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!

Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook ’n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?

Die Meisie Op Die Dak (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Die Meisie Op Die Dak (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.

Lea Lief Seeskilpaaie 1: Avonture By Die Akwarium (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Lea Lief Seeskilpaaie 1: Avonture By Die Akwarium (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Lea se ma is ’n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum – om diere te red, is in haar bloed! Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van ’n siek pikkewyn tot die popsangeres Amelia Ametis wat opdaag – met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy ’n blink plan ...

Klaskameraad Leesgids: 'n Hart is net Atome (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Klaskameraad Leesgids: 'n Hart is net Atome (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn; Compiled by Liesl Janse van Rensburg; Illustrated by Danielle Albertyn
R140 R121 Discovery Miles 1 210 Save R19 (14%) Ships in 7 - 11 working days

'n Hart is net atome is 'n fantastiese grafiese roman deur geliefde jeugboekskrywer Cecilia Steyn en illustreerder Danielle Albertyn. Pho is 'n Chinees-Afrikaanse meisie met 'n ystervuis, maar haar tradisionele Chinese pa keur nie sy dogter se boks goed nie. Hy sou verkies dat sy meer tyd aan haar studies spandeer. Theo, Pho se aantreklike beste vriend en grootste ondersteuner, sit met dieselfde penarie: hy wil 'n wetenskaplike word, maar sy ma wil hê hy moet die familie se pizzeria oorneem. Pho het egter nog 'n probleem: sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het net oe vir Nisa - die gewildste meisie in die skool. Nisa stem in om met Theo uit te gaan, maar Pho is vas oortuig Nisa doen dit net om haar eks jaloers te maak. En so begin Operasie Sabotasie - met skreeusnaakse gevolge. 'n Hart is net atome is perfek vir liefhebbers van romantiese komedie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Perfume Inspired by ARMANI SI TYPE…
R250 R99 Discovery Miles 990
Lucky Plastic 3-in-1 Nose Ear Trimmer…
R289 Discovery Miles 2 890
Workout Crunch Support
R299 R119 Discovery Miles 1 190
Sharp EL-W506T Scientific Calculator…
R599 R449 Discovery Miles 4 490
Did You Know That There's A Tunnel Under…
Lana Del Rey CD R414 Discovery Miles 4 140
Fisher-Price Learn with Me Zebra Walker
R1,199 R819 Discovery Miles 8 190
Johnson's Baby Oil (125ml)
R40 Discovery Miles 400
Cacharel Anais Anais L'original Eau De…
 (1)
R2,317 R992 Discovery Miles 9 920
Luca Distressed Peak Cap (Khaki)
R249 Discovery Miles 2 490

 

Partners